>  Music & Entertainment  >   Movies, Music & Entertainment  >   DVDs  >  Staalburger
Staalburger (DVD)


Staalburger (DVD)

1 Offer from:   R 51.00

Brand: Unbranded
Model: PLID6242957

Product Information

Gedurende die sestiger jare het die Afrikaanse Diens van die SAUK 'n gereelde program aangebied oor die doen en late van 'n super geheim-agent Staal Burger, 'n karakter geskep deur die bekende SAUK-omroeper Fanus Rautenbach. Staal Burger het 'n geweldige aanhang gehad onder die luisteraars - die ryk losbol, met sy oog vir mooi meisies, sy vinnige motor, en akkurate vuiswerk met die boewe! Daan Retief het die rol van Staal Burger in die rolprent vertolk, soos in die radio reeks en "Willem en Dada", sy getroue handlangers is onderskeidelik gespeel deur Sarel Breed en Miems de Bruyn. Sy mooi doedies wat hy vir koffie genooi het, was onder andere, Heleen Wessels, Ankia Lotter, Tiny de Lange en Mary-Anne Berold. Ander spelers het ingesluit Tromp TerreBlanche, Willie Steyn, P.W. Marais, Alewyn Lee, Essie Esterhuyzen, Josh du Toit en Nic Swanepoel



EAN: 6004416089042
Load Time: 1 seconds