>  Music & Entertainment  >   Movies, Music & Entertainment  >   DVDs  >  Kampterrein
Kampterrein - Movie (DVD)


Kampterrein - Movie (DVD)

1 Offer from:   R 129.00

Brand: Unbranded
Model: PLID46868279

Product Information

In hierdie eietydse Suid-Afrikaanse familiekomedie is vakansie-chaos aan die orde van die dag. Wanneer die Afrikaanse gesin, die Fouchés, by die ATKV-Buffelspoort-vakansieoord opdaag, sien hulle dat die karavaanstaanplek waar hulle elke jaar kampeer, deur die Khumalo's beset word. Die onderonsie tussen die twee gesinne wat in 'n heen-en-weer-gestryery ontaard, is skreeusnaaks. Die bestuurder van die vakansieoord, Oom Gert, en sy nie-te-slim assistent, probeer ondertussen om hulle voor te berei vir 'n verrassingsbesoek van 'n anonieme inspekteur van die Suid-Afrikaanse Toerismegraderingsraad, wat sal besluit of die vakansieoord vir nog 'n ster kwalifiseer al dan nie. Om hierdie toekenning te kry, is een van Oom Gert se lewenslange drome en ook sy laaste kans voor hy aftree. Maar niks verloop volgens plan nie en chaos bars los. Skielik word vrae gevra oor die skoonheidsalon wat 'n ietsie meer as manikure en pedikure aan hulle kliënte bied. Daar is ook 'n ou tannie wat by die oord vakansie hou en probeer om haar hondjie weg te steek (geen troeteldiere word toegelaat nie), 'n nutsman wat nie in staat is om enigiets reg te maak nie en 'n glanspaartjie wat dink niemand gaan hulle herken nie - en dit speel alles af teen die

van die pragtige, vreedsame natuurskoon van die oord. Die rus en vrede word egter die meeste versteur deur die volgehoue skermutselings tussen die Fouchés en die Khumalo's. Sal hulle hul kulturele verskille ter syde kan stel en daarin slaag om te ontvlug aan die eise van die stadslewe?



EAN: 6009706911485
Load Time: 0 seconds