>  Music & Entertainment  >   Movies, Music & Entertainment  >   DVDs  >  Jou Romeo
Jou Romeo (DVD)


Jou Romeo (DVD)

1 Offer from:   R 185.00

Brand: kykNet
Model: PLID44179550

Product Information

Die film, wat romanse, Shakespeare, krieket, vriendskap, onvoorwaardelike aanvaarding en die liefde vier, vertel die verhaal van twee vasbeslote dramaliefhebbers van Hoërskool Monument in Krugersdorp wat tot enige uiterste sal gaan om hul droomproduksie op die planke te bring, met onverwagse gevolge. Yvette (Elani Dekker), Tyler (Christopher van der Westhuizen) en die dramabrigade is 'n piepklein #arty -minderheid in 'n sportmalskool en hulle het slegs een doel voor oë: Om Romeo en Juliet in hul matriekjaar op die planke te bring. Die skoolhoof, meneer Kirby Potgieter (Pierre Breytenbach), het egter ander planne en sny die kuns- en kultuurbegroting om opgraderings aan die klubhuis aan te bring. Desperaat om kaartjies te verkoop en sodoende die vertoning te red, beraam Yvette en Tyler 'n plan. Hulle oortuig die skool se sportheld en hartebreker, Marko Marais (Ruan Wessels), om die rol van Romeo in Tyler se plek te vertolk. Hulle plan werk en die kaartjies verkoop soos soetkoek. Marko voel onverwags aangetrokke tot die bleek dramasiel Yvette. Sy sien ook skielik meer in Marko raak as die image van 'n "oppervlakkige" spiertier-jock met 'n mooi glimlag.



EAN: 6004416131130
Load Time: 1 seconds