>  Books  >   School  >   School Textbooks & Study Guides  >  Die Antwoord-Reeks Graad 9 wiskunde 2in1 KABV studiegids
Die Antwoord-Reeks Graad 9 wiskunde 2in1 KABV studiegids


Die Antwoord-Reeks Graad 9 wiskunde 2in1 KABV studiegids

1 Offer from:   R 109.00

Brand: Unbranded
Model: PLID41202740

Product Information

Hierdie Antwoord-reeks studiegids vir Graad 9 Wiskunde is deur ervare vakkundiges opgestel vir alle leerders, vir beide klaskamer- en onafhanklike gebruik. Dit verskaf toepaslike inhoud, vrae en antwoorde vir elke afdeling in die KABV-kurrikulum. Die Antwoord-reeks is jou sleutel tot eksamen sukses in Graad 9 Wiskunde. Hierdie Graad 9-publikasie bied uiters deeglike en omvattende oefeninge om noodsaaklike tegnieke en konsepte soos wat deur die Graad 9 KABV-kurrikulum vereis word, te bemeester. Dit bevat ook nuttige opsommings van feite en formules. Hierdie 2 in 1 publikasie bevat: Onderwerpgebaseerde Vrae en Antwoorde - om begrip van teorie, tegnieke en konsepte te bemeester. Eksamenvraestelle en Memo's wat leerders leer om teorie toe te pas. Die eerste afdeling bied vrae per onderwerp. Die vrae is gegradeer sodat die konsepte stap vir stap kan ontwikkel. Op hierdie manier word die begrip, kennis en selfvertroue van die leerder opgebou. Die tweede afdeling bestaan uit eksamenvraestelle wat die standaard en gewigte per onderwerp soos deur KABV vereis, weerspieel. Gedetailleerde oplossings met aanvullende verduidelikings, notas en wenke ontwikkel die leerder se eksamenvaardighede. Hierdie uiters volledige studiegids sal vir leerders op alle vlakke van bekwaamheid voordelig wees.



EAN: 9781920568979
Load Time: 1 seconds