>  Books  >   School  >   School Textbooks & Study Guides  >  Boetie Beter Bester : Grade 10
Boetie Beter Bester : Grade 10 - 12


Boetie Beter Bester : Grade 10 - 12

1 Offer from:   R 99.00

Brand: Unbranded
Model: PLID35816046

Product Information

Wenner - Maskew Miller Longman 2008 Letterkundeprys. 'n Jong tienerseun sit op 'n stomp langs die grootpad. Sy naam is Boetie en hy droom oor die dag dat hy voet in die hoek sal sit in 'n rooi Ferrari of 'n Harley Davidson sal laat brul. Die voertuie wat verbyblits of rammelrig verbydreun, fassineer hom. Wenner - Maskew Miller Longman 2008 Letterkundeprys. 'n Jong tienerseun sit op 'n stomp langs die grootpad. Sy naam is Boetie en hy droom oor die dag dat hy voet in die hoek sal sit in 'n rooi Ferrari of 'n Harley Davidson sal laat brul. Die voertuie wat verbyblits of rammelrig verbydreun, fassineer hom. Hy is 'n kenner van enjingeluide en motorfabrikate. Maar daar steek meer in Boetie Bester as wat sy suster of die twee boelies, Danie en Fanie, kon dink. In die slottoneel hou Bernardus Wilhelmus Frederikus Bester die motiveringstoespraak om Meneer Knotsch, sy suster se Ekonomie onderwyser van uiterste wanhoop te red. "My suksesverhaal", se hy, "het begin toe 'n klein saadjie in my brein ontkiem het en ek groot begin dink het. ..." Die karakters in die boek van wie Boetie goeie raad kry, is tipies van sommige mense wat

mens in die samelewing teekom. Ons ken mense soos Meneer Koopmans wat ingestel is op geldmaak en Mevrou Flink met haar baie verkleinwoordjies wat nie "Tannie" wil wees nie. Sussie tree meerderwaardig op teenoor haar jonger boetie wat besig is met "nonsens" en die twee groter seuns se gedagtes is allermins by hul skoolwerk. Boetie Beter Bester is 'n verfrissende jeugdrama. Die tema van entrepreneurskap en die onderlinge verwantskap tussen teorie en praktyk, ook in die sakewereld, is aktueel en toepaslik op die hedendaagse samelewing. Die dramateks word gevolg deur 'n omvattende leesgids. Behalwe nuttige aktiwiteite oor die teks as geheel, word daar na elkeen van die agt tonele die volgende verskaf: 'n opsomming van die teks; vrae waarmee die inhoud baie deeglik getoets word; vrae van meer diepgaande aard, sommige oor letterkundige aspekte; assesseringsaktiwiteite en prettake.



EAN: 9780636086050
Load Time: 2 seconds