>  Books  >   Children & Young Adult  >   Childrens Books  >  Eend, dood en tulp
Eend, dood en tulp


Eend, dood en tulp

1 Offer from:   R 210.00

Brand: Unbranded
Model: PLID36893629

Product Information

Dat kinders vroeer of later prontuit vrae oor die dood sal vra, is iets waarvan elke ouer deeglik bewus is. Nietemin is die antwoorde selde prontuit of sonder eufemistiese kinkels wanneer die vrae wel ter tafel kom. Dat kinders vroeer of later prontuit vrae oor die dood sal vra, is iets waarvan elke ouer deeglik bewus is. Nietemin is die antwoorde selde prontuit of sonder eufemistiese kinkels wanneer die vrae wel ter tafel kom. "Kindervriendelike" boeke oor die dood bestaan wel – maar die natuurlikheid en openlikheid waarmee hierdie onlosmaaklike aspek van die mens se bestaan in Eend, Dood en Tulp hanteer word, is binne die Afrikaanse lesersraamwerk geheel en al vernuwend. Dood, so leer die leser van hierdie nugtere, onopgesmukte teks, was nog maar altyd Eend se onsigbare kameraad. Dis bloot dat Eend hom nog nooit van tevore raakgesien het nie. Wanneer die twee mekaar op 'n dag wel leer ken, is daar skielik nie sprake van die vrees of die afstand wat Eend vermoed het nie – en moet 'n mens saam met Dood kopskud en erken dat die lewe nou maar eenmaal sy eie gang gaan.



EAN: 9781869193188
Load Time: 1 seconds