>  Books  >   Non Fiction Specialist  >   School Textbooks & Study Guide  >  Asem
Asem


Asem

1 Offer from:   R 159.00

Brand: Unbranded
Model: PLID42478454

Product Information

'n Aangrypende grootword-verhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. 'n Kragtoer van 'n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak. Barries Barnard haat sy pa. Hy dagdroom gereeld oor die dag wanneer hy wraak gaan neem. Dit is waarvoor hy die pakkie rottegif in sy tas bere. Nie genoeg om sy pa dood te maak nie. Net genoeg om hom 'n paar dae lank te laat krul van die pyn. Om hom terug te betaal vir al die kere wat hy dronk was. Die kere wat hy hom kleintyd geslaan het. Al die kere wat hulle moes trek. En omdat hy hom en sy ma net so gelos het. Sy pa gaan betaal vir die jare se vernedering. Hy sal betaal met pyn soos hy nog nooit in sy lewe geken het nie. Hy sal leer 'n mens spel "pyn" met 'n y soos 'n tweetandvurk. Maar 'n wilde partytjienag en 'n onderonsie met een van die mees berugte dwelmhandelaars in Gauteng dompel Barries se lewe onverwags in chaos. Hy en sy vriende ry 'n verkeerskonstabel om, terwyl hulle onder die invloed van

en dwelms is. Skielik lyk dit of al sy pelle en selfs sy meisie teen hom draai. En die polisie gee Barries geen ander keuse nie – as hy uit die tronk wil bly, moet hy ses weke lank op 'n plaas gaan bly, naby 'n Oos-Kaapse kusdorpie in die middel van nerens. By sy pa. In 'n eenvoudige kliphuis met 'n buitetoilet sonder 'n deur, leer Barries na twaalf jaar vir die eerste keer sy pa ken. Stadig maar seker besef hy die bottel brandewyn onder die matras is nie die enigste – of die donkerste – geheim wat sy pa wegsteek nie. En toe Barries een nag 'n halfverdrinkte hond red wat tussen die rotse vassit – en in die proses byna self verdrink – is dit die begin van 'n reis na heelword wat hy sukkel-sukkel moet aandurf saam met die man wat hom die heel seerste gemaak het.'n Reis om vry te word en weer te leer asemhaal. In hierdie aangrypende grootword-verhaal vir tieners takel die gesoute jeugboekskrywer Jan Vermeulen moeilike temas kaalvuis. Dit is 'n boeiende storie oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. 'n Kragtoer van 'n

wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.



EAN: 9780799379037
Load Time: 1 seconds